Vrou in Klapmuts gekaap
2005-10-13
DIE kapers van ’n Paarlse vrou het verlede week nie rekening gehou met hul slagoffer nie, en toe spring sy uit die motor in Philippi, in die arms van ’n polisieman. Vir Marie Dempers van De Zoete Inval is elke dag nou egter ’n stryd. Om by haar werk te kom, moet sy steeds dieselfde pad deur Klapmuts ry waar sy aangeval is. Marie (47) wou Donderdag die vier-rigtingstop in Klapmuts oorsteek toe twee jong mans by haar in die motor gespring het. Sy is met ’n vuurwpaen in die sy vir byna twee uur lank gedwing om in die Skiereiland rond te ry. “Ek is nou baie bang,” het Marie hierdie week nog na aan trane gesê. “Die oomblik toe ek kon het ek die handrem opgetrek, die sleutel uit die aansitter geruk, uitgespring en vreeslik geskreeu.” Die kapers het met haar beursie en bril weggehardloop toe Marie ontsnap het. ’n Polisieman van Philippi het toe net langs die pad gestop. “Hy was eintlik op soek na ’n vermiste meisietjie, en wou ’n ma en dogter by ’n taxi ondervra,” het Marie onthou. Die polisieman het haar te hulp gesnel en na die Stellenbosch polisiestasie geneem vir berading. Insp Brian Crozier van Klapmuts ondersoek die kaping. Skakel hom met inligting by 875-5555. * A Paarl woman managed to escape after being hijacked in Klapmuts.
More
News
|