Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hou so vol, Paarl Hospitaal, julle mense werk hard

Hou so vol, Paarl Hospitaal, julle mense werk hard
 
2011-02-24


EK het vir die eerste keer in my lewe by Paarl Hospitaal gesit. Vir elf ure. Ek is eers 23:45 die aand huis toe.

Ek wil eerstens dankie sê vir die bietjie personeel en dokters aan diens.

Saterdagmiddag was daar een vroue dokter en die aand was daar, van wat ek kon sien, net twee dokters. Nou verstaan ek ook wat daar aangaan.

Die personeel is te min om almal te behartig. Regtig, ek haal my hoed af vir die personeel en die mense wat sit en wag.

Baie dankie vir julle geduld met die publiek. Die seer, pyn, lyding en honger wat daar instap is baie erg. Moenie altyd sê dit is ’n klomp dronkies wat daar kom sit nie. Hou op oordeel en vinger wys indien jy, wat so lekker lewe, nog nie self deur sulke situasies was nie.

Gaan sit self en kyk wat daar aangaan of gaan sit bietjie hand by. Wat my opval, is die mense wat met ’n honger maag daar gaan sit en dan láát vanaand eers gehelp word en dan moet hulle op ’n leë maag pille drink.

Kom bid liewer saam vir die mense. Ja, die erge ongevalle moet eers na gekyk word. Maar nou moet ek self ook bynoem - moenie mense voor ander laat ingaan volgens ’n nommer nie.

Op ’n gewone Donderdag sit ek vyf ure en wag en sien hoe kom mense by die trap op na eerste vloer om maar net eerste gehelp te word. Toe sal ek hoor dit is volgens nommervolgorde.

Paarl Hospitaal is baie netjies, die mense maak gereeld skoon en die sekuriteit is puik. Mense wat nie daar hoort nie word gou ferm en streng gevra om die saal te verlaat.

Julle is regtig goed georganiseerd. Hou dit so!

Ons is ’n groepie mense wat bid vir julle personeel vir baie krag en geduld.

George Kellerman




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za