Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou se lyk in rivier gevind

Vrou se lyk in rivier gevind
 
2011-02-24

Lise Beyers

SKOOLSEUNS het Saterdagmiddag op ’n gru-vonds afgekom, toe hulle op ’n lyk in die Bergrivier afgekom het.

Die seuns was besig om langs die westelike oewer van die rivier te speel naby die Markstraatbrug toe hulle die kaal lyk in die water oplet. Hulle het dadelik die polisie hiervan in kennis gestel.

Die liggaam van die vrou was in vlak water versteek. Sy is verskeie kere met ’n mes gesteek. ’n Nadoodse ondersoek het ook getoon dat sy wreedaardig verkrag is.

By verdere ondersoek het die polisie bevind dat die slagoffer, Aletta Sias, se vriend, slegs bekend as Sydney, ook deur die verdagtes aangeval is. Hy het verskeie meswonde opgedoen en is by die Paarl Hospitaal behandel.

Sias en haar vriend was van die talle bosbewoners wat die Bergrivier bewoon. Twee mans, Melvyn Geel en Johannes November, wat soms saam met Aletta en Sydney onder die Markstraat-brug gebly het, is in hegtenis geneem.

Dit is die derde moord tot dusver vanjaar in Sentraal-Paarl.

’n Taxi-bestuurder is in Januarie langs die taxi-staanplek in die Bergrivier Boulevard vermoor en vroeër vandeesmaand is ’n smous helder oordag by Shoprite doodgesteek.

* The body of a woman who had been stabbed to death was discovered in the Berg River on Saturday. This brings the murder toll in Central Paarl this year so far to three.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za