Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste rugby vir 2011 seisoen

Eerste rugby vir 2011 seisoen
 
2011-02-24


DIE jaarlikse Young Gardens Sewe-aan-’n kant-rugbytoernooi word op Saterdag 26 Februarie by die Faurestraat-stadion aangebied.

Young Gardens is die verdedigende kampioen en gaan hard werk om die trofee suksesvol te verdedig. Hierdie jaar het net tien spanne geregistreer en gaan die formaat verander.

Dit sal elke span meer geleenthede gun om te kwalifiseer vir die plaatfinaal en die bekerfinaal. Dit is die eerste rugby in die Paarl vir die jaar en beloof om baie opwindend te wees en nuwe talent in die Paarl bloot te stel.

Die eerste wedstryd skop reeds om 10:00 af. Toegangsfooie is R10 en kinders onder 12 jaar R5. Die hekke open om 09:00. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1081 of William Meyers by 082-0766-182.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za