Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Edu se spanne afgelope naweek aan die verloorkant

Edu se spanne afgelope naweek aan die verloorkant
 
2011-02-24


DIE eerste en tweede krieketspanne van Drakenstein Edu was albei aan die verloorkant die afgelope naweek.

Op Ceres het die eerste span eerste gekolf in ’n Jive Pro Twintig20 wedstryd. Danksy 46 lopies deur Nigel Fredericks en 24 deur Dean Jacobs kon Drakenstein ’n skaflike 142/9 op die telbord plaas.

Ceres het egter dié telling in die 19de beurt verbygesteek ondanks ’n 5-ster boulvertoning deur Gelaggies Malherbe. Dié jongeling het in sy 4 beurte 4/27 platgetrek.

Die tweede span het in die Paarl net 82 lopies in sy 20 beurte teen Maties aangeteken met Albertus Pretorius (39) die beste kolwer. Maties het die telling in die 16de beurt verbygesteek met sleg 1 paaltjie plat.

Saterdag speel dié klub se tweede span tuis in ’n Pro20-wedstryd teen Stellenbosch/Distrikte, terwyl die eerste span Sondag weg teen Worcester United kragte meet in ’n 45-beurt wedstryd.

’n Reuse tragedie het dié klub getref met die heengaan van Chester Kuiler. Dié begaafde sportman sal gemis word vir sy waardevolle insette. Die klub spreek sy medelye uit teenoor sy familie en geliefdes.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za