Jaagtog is dief se moses
2011-02-24
Lise Beyers
地 VERWAANDE motordief het hom lelik misgis toe hy besluit het om 地 motor in Bainskloof te steel. Die voorval het Sondagmiddag by Gawie se Water plaasgevind, terwyl talle dorpenaars by die waterval geswem en ontspan het. Die eienaar van 地 wit Mazda, John Beukes, het heel toevallig gesien hoe 地 vreemdeling in sy motor klim en wegry. Hy het dadelik die naaste persoon aan hom, Malcolm du Plessis, om hulp gevra, waarop die twee die dief in Du Plessis se silwer Toyota Corolla agternagesit het. Die jaagtog het tot in Kerkstraat, Wellington, gelei, en toe die dief steeds nie van die pad wou aftrek nie, het die bestuurder van die Toyota die motor 地 effense stamp gegee. Die dief het beheer oor die motor verloor, 地 stilstaande voertuig getref en uiteindelik tot stilstand gekom. Beukes en Du Plessis het die man aangehou terwyl hulle op die polisie gewag het. Moegamat Sambou (28) van Kaapstad is in hegtenis geneem. Dit is steeds onseker hoe hy by Gawie se Water aangekom het. Tans is daar geen ooggetuies wat kon bevestig dat 地 motor hom daar afgelaai het nie. * 地 Jong man het Maandagoggend byna sy splinternuwe BMW wat hy as 21ste verjaardaggeskenk ontvang het, afgeskryf, toe hy teen twee motors gebots het in Sentraal-Paarl. Die insident het ongeveer 09:30 plaasgevind oorkant die ou poskantoor, toe die wit BMW vanaf Lady Greystraat in die Hoofstraat ingedraai het. Die motor het eers die geparkeerde voertuig van plaaslike prokureur Deon van Rooyen getref, en daarna het dit nog 地 geparkeerde motor getref. In plaas daarvan om op die ongelukstoneel stil te hou, het die bestuurder egter die hasepad gekies. Die 21-jarige man het later die voorval by die Paarl polisiestasie aangemeld. * Various vehicles were damaged this week by fugitive drivers.
More
News
|