Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reünie vir Boland-rugbyspelers

Reünie vir Boland-rugbyspelers
 
2011-02-24


DIE jare 1967 tot 1969 was vir Boland van sy glorierykste jare. Dit was die dae van Dawie de Villiers, die destydse Springbok-kaptein.

Veral 1969 was ’n besonderse jaar. Boland het die Wallabies 12-3 geklop en dít nogal sonder Dawie, wat beseer was.

“Ons het nie vir geld gespeel nie, maar eerder om dors te word, soos Piet Greyling, oud-Springbok flank, onlangs kwytgeraak het,” sê Francois du Toit, wat poog om die ‘67-’69 spelers weer bymekaar te kry.

Piet van Wyk, wat onlangs 80 geword het, het die eerste keer afrigter geword en was vir die volgende 13 seisoene die afrigter.

Die rugbygeskiedenis van daardie tyd is genoeg rede om dié spelers weer byeen te bring, sê Du Toit. Belangstellendes kan vir Du Toit kontak by 083-259-4932 of ’n e-pos stuur na francois@dutoit.co.za.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za