Gim-swemmers beste in dekades
2011-02-24
Sieb Sieberhagen
DIE oorverdowende applous en aanmoediging vir hulle swemmers was Dinsdagmiddag vir Paarl Gimnasium die moeite werd toe dié skool vir die eerste keer in meer as 40 jaar die septer geswaai het teen Hoër Jongenskool Paarl en Hoër Meisieskool (HMS) in hul jaarlikse interskole- swemgala. Gimnasium het 430 punte in die 38 swemitems ingepalm met Boishaai en HMS wat gesamentlik 373 punte ingeoes het. Dinsdagmiddag ná die gala, is daar aangekondig dat Boishaai se seunspan met 2 punte geseëvier het, maar toe dit oorgetel is, was die verskil net een punt - met Boishaai se seuns baas met 197 teenoor Gimna- sium se 196. Met nege rekords wat gespat het, was daar veral in die seuns- kompetisie, heeltyd opwinding in die lug oor wie in 2011 die pyp gaan rook. Rekords is opgestel deur Helene Swanepoel (Gimnasium) in die dogters o.16 50m vlinderslag en 50m borsslag, Gimnasium se o.14 seuns A-span in die 4x25m wisselslag-aflos, Gimnasium se o.16 dogters in die 4x25m wisselslag, HMS (1ste) en Gimnasium se dogters in die o.19 4x25m wisselslag-aflos, Boishaai se o.19 seuns in die 4x25m wisselslag-aflos, Charné Burger (HMS) in die 100m rugslag en HMS se o.19 dogters in die 4x25m vryslag-aflos. Dries Muller, jare lank die organiseerder van dié gala, het aan die huidige organiseerder, Louise Conradie, vertel dat dit die eerste keer in 41 jaar is dat Gimnasium as oorwinnaars uit die stryd tree.
More
News
|