Baie silwer vir Hugenote-atlete
2011-02-24
Hugenote Hoërskool se atletiekspan het ’n baie suksesvolle Sentraal Top 20-byeenkoms in Bloemfontein beleef. E
lf medaljes is verower en die dogterspan het algeheel agtste uit 22 skole geëindig, terwyl die gekombineerde seun- en dogterspan ’n twaalfde posisie uit 29 skole behaal het.
Uitblinkers was Daylon Samuels (silwer 400m hekkies o.19), Ciani Loubser (goud driesprong o.19 en silwer verspring o.19), Tarinka Truter (silwer diskus o.15), Carina van As (silwer 1500m o.14), Nadia Giliomee (silwer paalspring o.17 en brons hoogspring), Jason le Roux (silwer spiesgooi o.17 ), Glodien van Zyl (silwer spiesgooi o.15 en Dehann Diedericks (goud driesprong o.19).
More
News
|