HMS tweede in top 20
2011-02-24
Verlede naweek het tien van Hoër Meisieskool Paarl se atlete in Bloemfontein deelgeneem aan die Top 20 Atletiekbyeenkoms en goed gevaar.
Die byeenkoms is aangebied deur Hoërskool Sentraal. Daar het in totaal 43 skole deelgeneem, wat seuns- en dogterspanne ingesluit het.
Hoër Meisieskool Paarl het ’n tweede plek in die meisieskompetisie behaal en ’n derde algehele plek.
Die spanlede was Christel van Tonder, Esti Burger en Shannon Bouwer-Bosch, Marsunet Breytenbach, Bea Lamprechts, Marikie Bruwer, Aletta Swart, Anosjka Teklenberg, Tamryn Cupido en Kulthoom Gaidien.
More
News
|