Sportdagboek
2011-03-03
SPORTFORUM * Alle sportklubs in die Paarl word daaraan herinner dat die Paarl Sportforum se algemene jaarvergadering op 8 Maart om 19:30 in die Hugenote Gemeenskapsaal plaasvind. Alle subskripsiegelde is vooraf betaalbaar. Vir meer besonderhede, skakel met Sammy Andrews by 082-305-1643. ) FUN RUN * The Oaks Preparatory School will be holding a fun run/walk (3km or 6Km) on Saturday 5 March at 07:30. The start and finish is outside the Paarl Cricket Club in Market Street. Entries will be taken from 06:30 on the day. The entry fee is R10. Contact the school on 021-863-2222 or 021-873-5760. ) KRIEKET * Op Vrydagaand 25 Maart, bied SRRadiators Young Peoples Krieketklub ’n busrit na “Grand-West Casino”. Die bus vertrek stiptelik om 19:00. Prys is R100 per persoon. Kontak Evylyn Jacobs by 083-317-2029. * Paarl-Oos Krieketklub bied op 14 April ’n gholfdag aan by Paarl Gholfklub. Skakel vir Justin Watts (073-297-1822) of Dirk Burger (083-458-3975) vir meer besonderhede. ) RUGBY * Die volgende kursus om te registreer as junior skeidsregter word op 11 en 12 Maart by Labori Hoërskool aangebied. Oorslaap is verpligtend. Vir meer inligting, kontak Ben Theron (083-269-3590) of Gielie Bester (072-198-1609). * Young Peoples speel Saterdag op Faurestraat hul vriendskaplike wedstryd teen Wesbank. Wedstryde sal begin om 12:30, met die hoofwedstryd om 16:30. Die jaarvergadering vind plaas op 7 Maart om 19:00 by die Daljosafat-krieket-klubhuis. Kontak Jacques Heyns by 084-207-7535. * United Stones Rugbyklub bied op 4 Maart ’n dans by 2 Shotz aan. Skakel Abraham Mentoor by 021-873-1307 vir meer inligting. * Die Paarl Rugby Kode se algemene Rugby Kode Klubvergadering word gehou op Woensdag 9 Maart om 19:30 by die Hugenote Gemeenskapsaal. Die spelrooster vir die 2011 seisoen sal gefinaliseer word. Vir verdere navrae, kontak die sekretaris by 082-731-4879. * Young Peoples Rugbyklub hou op 7 Maart hul jaarvergadering by die krieketklubhuis by Daljosafat. Kontak 084-207-7535. * Die Stellenbosch Rugby-akademie bied weer tydens die komende vakansie (1-6 April) ’n rugby-vaardigheidskliniek, met wedstryde, aan vir o.13 tot o.19-spanne. Vanaf 6-8 April word daar ook ’n rugbykamp vir laerskoolspelers (Gr R - 7) aangebied. Kontak Alie Brand by 021-88-77-432 of alie@stellenboschrugbyakademie.co.za. * Hillcrest Rugbyklub speel op 12 Maart teen Elsiesrivier te Pelikaanpark in ’n vriendskaplike wedstryd. * Roses United speel ’n vriendskaplike wedstryd op 5 Maart teen Belhar. Op 12 Maart word ’n oefenkamp aangebied. Skakel 083-497-5542 vir meer inligting. * The All Black Supporter Club will be having a meeting on Friday 4 March at New Friendos Pub starting at 19:00. For more information, contact Gerard van der Vent at 021-464-3611 (o/h) or 076-017-7168. * Riverstones hou op 5 Maart ’n oefenkamp by die Drakenstein Gevangenis en op 12 Maart speel hulle teen Groendal in Franschhoek. Op 19 Maart neem hulle deel aan die Standards toernooi en op 26 Maart speel hulle teen Blue Stars van Klapmuts. Vir meer inligting, kontak 079-016-3716. * Albions speel Saterdag sy eerste vriendskaplike wedstryd teen Rangers van Robertson op die Boy Louw-velde. Wedstryde begin om 14:00. Die klub hou eerskomende Maandag (19:00) hul jaarvergadering. Skakel vir Stevie Williams by 073-419-8476. ) BOOGSKIET Die Paarl Boogskiet-klub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00-18:00 by die Nelson Wine Estate. Vir meer inligting, kontak Louis by 021-870-1257 of 072-613- 7664. ) AANDWEDLOOP * Die atletiekklub van Drakenstein Gevangenis bied op 9 Maart (18:15) die Solomon Funeral Services 10km aandwedloop en 5km pretdraf by die Faurestraat-stadion aan. Inskrywingsgeld is R30 vir die 10km wedloop en R10 (volwassenes) en R5 (kinders) vir die pretloop. Vir meer inligting, kontak Dawid Strauss (083-980-6495), Albert Poole (079-391-9413) of Peter Bruiners (082-961-0723).
More
News
|