Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere se eerstes val vas

Tiere se eerstes val vas
 
2011-03-03


DIE eerste krieketspan van SRRadiators Young Peoples het Saterdag met 34 lopies vasgeval teen Brackenfell in ’n Jive Pro20-wedstryd op Daljosafat.

Die Kapenaars het eerste gekolf en behaal 166/6 in 20 boulbeurte, danksy Cliffie Prinsloo (42) en Wiaan Smit (66). Vir die Tiere het Charlton Daniels (3/28 in 4bb) en Edwin Jacobs (2/28 in 4bb) goed geboul.

Peoples het vanuit die staanspoor probeer om lopies te jaag, maar op kritieke tye paaltjies verloor, en eindig op 132/8 in 20 boulbeurte. Tom-Ross Fortuin (29), Dominic Daniels (26) en Garren Fortuin (23) het moedig probeer met die kolf.

Die tweede span het op sy beurt korte mette gemaak met Bergrivier en maklik met 73 lopies gewen. Peoples kolf eerste en behaal 147/8 in sy toegelate 20 boulbeurte. Stanton Kamalie (52) het skitterend gekolf. Hy was goed ondersteun deur Tom Seckington (21).

Die Tiere het baie goed geboul en vir Bergrivier II vir slegs 74 lopies uitgeknikker in die 15de boulbeurt, danksy Marlin Carolissen (5/7 in 4bb) en Seckington (2/12 in 3bb).

Die derde span het ook vir Oostelikes III in ’n wegwedstryd met 7 paaltjies afgeransel. Peoples se boulers, Mark Woodington (3/7), Louwin Solomons (2/13), Cameron Engelbrecht (2/6) en Jermaine Buys (2/18) was puik.

Die Tiere eindig op 78/3 met Diego Claasen (35 n.u.n) en Lester Abrahams (15 n.u.n) voor die penne.

Saterdag speel die eerste span weg teen Van der Stel en Sondag ook weg teen Vredenburg/Saldanha in ’n 45-boulbeurt wedstryd, die tweede span speel Saterdag tuis teen Mbekweni KK en Sondag weg teen Paarl-Oos II in Pro20 wedstryd, terwyl die derde span Saterdag weg speel teen Brackenfell III in ’n 40 boulbeurt wedstryd.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za