Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein Edu aan die verloorkant

Drakenstein Edu aan die verloorkant
 
2011-03-03


DIE eerste krieketspan van Drakenstein Edu het Sondag op Worcester met 140 lopies teen Worcester-United verloor. Die tuisspan het eerste gekolf en 261 lopies in sy 45 beurte aangeteken. Wayne Jacobs, 4/32, Juliano Philander, 3/33 en Cheslin de Villiers, 2/49 was die staatmakers met die bal.

In sy kolfbeurt het Drakenstein maar gesukkel en kon slegs 121 lopies op die telbord plaas met Gerswin Philander, 26, en Jacobs, 20, die beste kolwers.

Die tweedes het sy Pro20-wedstryd teen Stellenbosch/Distrikte II met 3 paaltjies gewen.

Die Stellenbossers het eerste gekolf en is danksy goeie boulwerk deur Leeshayne Samson, 3/14 en Alfonso Mosenthal, 2/6, tot 110/8 in hul 20 beurte beperk.

Drakenstein het die nodige lopies in die laaste beurt behaal met Dean Jacobs, 47*, die beste kolwer.

Saterdag speel die eerste span tuis teen Darling, terwyl die tweede span weg teen Excelsior II en Sondag ook weg teen Easterns II kragte meet




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za