Gimmie leer ken Duitsland
2005-10-13
’n GIMMIE het onlangs die geleentheid gehad om die Duitse leefstyl eerstehands te ervaar.
Carla Grové (graad 10) kon danksy die FSA Jeug Uitruilprogram vir ’n maand lank in Junie by ’n gesin in Windsbach in die suide van Duitsland bly.
Tydens haar verblyf by Josef en Ute Nachtrab en hul twee kinders, Simone (16) en Johannes (19), het die jong Paarliet ook skoolgaan by die Johann Sebastian Bach Gymnasium.
Inwoners van Windsbach (geleë in Bavaria-streek) geniet in die somer daglig van vyfuur soggens tot kwart voor tien in die aand.
Die skoolopset verskil aansienlik van waaraan ons Suid-Afrikaners gewoond is.
Sowat 1000 kinders van graad 4 tot graad 13 woon die skool by. Die kinders dra nie ’n skooluniform nie en gaan van 08:00 tot 13:00 skool.
Die kinders kry klas in 13 vakke insluitende Duits, Frans, Engels, Latyn, wiskunde, biologie, skeinat, kuns, geskiedenis, ekonomie, sport, sosiale studies en godsdiens.
In graad elf kies die leerders reeds die vakke op grond van die rigting waarin hulle naskool wil studeer.
Leerders in ’n Gymnasium kwalifiseer om in ’n gevorderde studierigting te leer.
Nog ’n groot verskil is die feit dat die skooljaar in Julie eindig en weer in September begin.
* A Paarl Gymnasium student spent a month in Germany as exchange student.
More
News
|