Snoeiskęr ingelę
2011-03-03
NÁ verlede Saterdag se loesing teen Griekwas op Bredasdorp, is die snoeiskęr behoorlik ingelę toe die Boland Kavaliers se span aangekondig is vir Saterdag se wedstryd teen die Blou Bulle in Pretoria. Die Bolanders het met 25-42 teen Griekwas vasgeval. Boland sal hul opponente op Loftus Versveld aandurf met ses veranderinge aan die begin XV-tal, met twee van die ses spelers wat hul buiging vir die Kavaliers sal maak. Die losskakel Elgar Watts, die flanke Franzel September en Thor Halvorsen, asook die vaskopstut Charl du Plessis, maak Saterdag hul terugkeer tot die Boland-span, terwyl Braam Gerber en Jonathan Francke onderskeidelik die 12- en 13-truie sal dra. Boland se gereelde buitesenter, PJ Vermeulen, skuif na linkervleuel en Junior Bester, wat verlede Saterdag die sewe-flank was, sal sy vernuf op agtsteman moet uitstal. Op die plaasvervangerbank sal dit ook ’n groot oomblik wees vir die stut Eugene Butterworth, wat Saterdag vir die eerste keer vir Boland in aksie sal wees.
More
News
|