Hoër Meisies se atlete die vinnigste
2011-03-03
IN die negentien jaar van die bestaan van die 4M atletiekbyeenkoms tussen die meisieskole (HMS, La Rochelle, Bloemhof en Rhenish), was die punteverskil tussen die voorste drie spanne nog nooit so naby aan mekaar soos verlede week nie. Verlede Donderdagmiddag op Coetzenburg het HMS (398) met een punt teen Bloemhof (399) verloor en La Rochelle was ’n kortkop agter hulle met 395. Dit was ook die eerste keer in die geskiedenis dat HMS se atlete die 100m in al die ouderdomsgroepe gewen het. Vir die grootste deel van die byeenkoms het HMS voorgeloop met La Rochelle kort op hulle hakke, maar toe die 1500m nommers en die aflosse aanbreek, kon die Paarlse skole net-net nie die pyp rook nie. Die meisies van die Paarl wat rekords opgestel het, was Tamryn Cupido (HMS) o.17 100m (12,0), Narieke van der Walt (LR) o.15 verspring (5,83), Kara Viljoen (HMS) o.14 hoogspring (1,58), Christel van Tonder (HMS) o.17 400m (58,0), 4x100m aflos (HMS) o.15 (51,5) sek en die 4x100m aflos (HMS) o.17.
More
News
|