DIE vervoer van skoliere agter op ’n bakkie, of in die kattebak van ’n kombi, is onwettig. Baie ouers laat egter toe dat hul kinders daagliks só skool toe geneem word, teen betaling.Volgens die Nasionale Vervoerwet mag niemand skoliere teen vergoeding vervoer tensy daar vir die kind ’n sitplek is nie.
Ook moet die bestuurder van die voertuig verlof van die skool hê, ’n publieke vervoerpermit hê, asook die nodige versekering (publieke aanspreeklikheid) indien ’n passasier beseer of gedood word. Boonop moet daar ’n volwassene (soos ’n onderwyser) wees wat saamry om toesig oor die kinders te hou.
Mense wat sonder die nodige dokumentasie skoliere teen vergoeding vervoer, kan ’n boete van R2000 opgelê word (die eerste keer), en ’n tweede boete van R2500, waarna die voertuig geskut word.
Publieke vervoerpermitte word verkry van die Vervoerraad in Athlone. Vir navrae, skakel snr/inspYasien Buys by 072-344-6468.