Pianis by La Motte
2005-03-24
DIE pianis Ben Roels, wat as een van die vernaamste kunstenaars onder die jonger geslag Belgiese musici gereken word, is die volgende kunstenaar om by La Motte op te tree.
Op Saterdag 9 April om 19:00 kan hy in die Ou Wynkelder op die landgoed gehoor word in ’n program van virtuose klaviermusiek.
Roels, wat in Antwerpen woon, het reeds as tienderjarige met orkeste begin optree. Tans gee hy klas by ’n musiekakademie in Antwerpen terwyl hy sy studies weekliks in Parys voortsit.
Op La Motte speel hy JS Bach se Vyfde Partita, gevolg deur die Beethoven se kolossale Waldstein Sonate. Ook op die program is verskeie werke van Liszt en die Belgiese romantiese komponis De Greef, asook Debussy se toondig L’Isle Joyeuse.
Kaartjies by Comari, 876-3114.
More
News
|