Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou kan weer vries ná 3 jaar se sukkel

Vrou kan weer vries ná 3 jaar se sukkel
 
2011-03-03


DIE fynskrif in kontrakte en dokumente sal vanaf Vrydag 1 April breedvoerig aan verbruikers verduidelik moet word. Indien dit nie gedoen word nie, kan die verbruiker die diensverskaffer aanvat, met die nuwe Wet op Verbruikersbeskerming aan sy of haar kant.

Verbruikers wat egter voor daardie datum ’n kontrak geteken het, se transaksie word nie deur die wet beskerm nie.

Soos in die geval van Helena Fourie wat al drie jaar sukkel met haar Defy sy-aan-sy-koelkas (vries- en yskas) wat sy in November 2007 by Lewis Stores kontant gekoop het vir R7 000.

In Maart 2008, vyf maande later, hou die vrieskas op met werk. Defy Appliances laat die vrieskas, nog onder waarborg, se termostaat regmaak.

Skaars het die waarborg twee jaar later verval, in Maart 2010, toe breek die vrieskas weer. Fourie laat dit plaaslik herstel.

Die tegnikus hervul die vrieskas se gas en sê aan Fourie dat hy ’n gaslek vermoed, wat glo baie duur is om te herstel.

Drie maande later, in Junie 2010, breek die vrieskas weer. Defy is bereid om die koelkas te vervang, maar Fourie moet R3 000 betaal. Sy weier en nader Outsurance, waar haar huisgoed verseker is.

Hulle laat weet dat sy die fynskrif in die handleiding wat saam met haar kontrak gekom het, moet lees. Die breek van die vrieskas, onder “slytasie en onklaarraking”, word nie gedek nie. So ook nie enige meganiese, elektriese of elektroniese onklaarraking, defek of weiering nie.

Fourie was nie bewus van die “fynskrif” nie, laat dit daar en kom klop by Aan jou Kant aan om hulp.

Net ’n paar dae na ’n e-pos, laat weet Jason Crowther, streekbestuurder vir Defy in die Wes-Kaap, dat Fourie ’n splinternuwe model, soortgelyk aan die een wat sy oorspronklik gekoop het, kan kry. Met ’n bybetaling van R1 500.

Fourie is tevrede. Aan jou Kant wonder net, na aanleiding van ’n klomp soortgelyke klagtes teen verskillende handelsname: waarom moet die verbruiker tot sulke uiterstes gaan om diens te kry?

Waarom kan die verskaffers nie ’n produk vervang wanneer dit ’n fabrieksfout het nie?

Stuur jou verbruikerskwessie na aanjoukant@media24.com.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za