Leefstylkalender
2011-03-03
* Dementia. ’n Praatjie oor dementia deur Paarl Medi-Clinic vind op 9 Maart plaas by die NGK Paarlvallei in Botha-straat om 09:30. Karen Borochowitz, is die spreker. Bespreek teen 4 Maart by Luzaan by 021-807-8200. * Reünie. Hoërskool Bergrivier se klas van 1991 vier hierdie jaar hul 20ste reünie. Die eerste vergadering word gehou op Saterdag 5 Maart in die skoolsaal vanaf 12:00. Kontak Claudelle Julius by 074- 889-0677. * Paulus Joubert Sekondêr se matrikulante van 1996 beplan ’n reünie. Belangstellendes kan Samantha 072-942-9070 of Astrid by 073-968-3481 kontak. Tuinbouklub. Paarl Tuinbouklub hou ’n uitstappie op Donderdag 10 Maart na Paarlberg waar hulle om 16:30 by Meulwater se piekniekterrein byeenkom. Hulle gaan deur die aangrensende Veldblommetuin loop op die spore van die vereniging se stigterslede wat reeds in 1931 tot 1932 plante en bolle daar geplant het. Bring jou piekniekmandjie, gemaklike skoene en kampstoel/kombers saam. ’n Donasie van R10 is welkom. Bespreek by Andrea by 082-577-1213 voor 9 Maart. * Diabetes. Die Diabetesondersteuningsgroep vergader op Donderdag 10 Maart om 18:00 by Paarl Medi-Clinic. Dieetkundige Hilde Woudberg is die spreker. Kontak sr Beckert by 021-871-1808. * Then and Now. Hoër Jongenskool se ‘Style Event’ met die tema ‘Then and Now’ word gehou op Donderdag 10 Maart in die skoolsaal. Kaartjies is te koop by die skool se ontvangs teen R70. * Wêreldbiddag. Die Toringkerk hou ’n middagbyeenkoms op 4 Maart om werkende vroue die geleentheid te gee om oor hul etensuur saam te bid tydens die Wêreldbiddag vir Vroue. Die byeenkoms begin om 13:00 en sal voor 13:45 klaar wees. Die boodskap sal deur Melanie Thirion gegee word en die tema is “Hoeveel broodjies het jy?”. * Vrydag om 19:00 word Wêreldbiddag vir Vroue gevier by die Calvyns Protestantse Kerk in Abattoirstraat, Paarl. Alle vroue van die gemeenskap word uitgenooi. Die prediker is ds Johan Cloete en die tema is “Hoeveel broodjies het jy?”. Kontak Cathy by 021-862-0620. * Tentdienste. Die Ware Evangelie Pinksterkerk hou ’n tentveldtog vanaf 6 tot 13 Maart in Chicago op die landjie. Die tema is “Wonderlike dinge is besig om te gebeur” en die prediker is profeet John Slabbert. Kontak pastoor Gaby Antonie by 082-642-9737 met navrae.
More
News
|