Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste huis by Dukes voltooi

Eerste huis by Dukes voltooi
 
2005-10-13


DIE eerste stel sleutels is verlede week oorhandig aan trotse nuwe huiseienaars by Dukes Estate in Wellington.

As die eerste om die sleutels van ’n splinternuwe huis te ontvang, het Daan Louw van Wellington gesê Dukes Estate is ’n elegante ontwikkeling en ’n bate wat sal help om die ekonomie van die dorp te stimuleer.

Sy sentiment jeens Dukes Estate is deur Gillian de Villiers van die Paarl weerspieël wat ook ’n huis in Dukes Estate gekoop het.

Die Dukes Estate-ontwikkeling van R50 miljoen is Kingfisher Homes se eerste ontwikkeling in Suid-Afrika.

Al die huise in Dukes Estate is reeds verkoop met herverkope wat reeds plaasgevind het.

Volgens Mike Ryan, stigter en besturende direkteur van Kingfisher Homes, sal ’n program vir die suksesvolle voltooiing van Dukes Estate nou oor die volgende ses maande volg.

Dit sal die oorhandiging van die Dukes Estate Huiseienaarsvereniging aan inwoners insluit.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za