LAAT jou hare skeer en kleur op Saterdag 5 Maart tydens die Shavathon wanneer die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in die Paarl Mall (voor Edgars) en by die Welgeleë Plein (Checkers-sentrum, Wellington) is vanaf 09:00 tot 16:00.
’n Donasie van R50 (R25 vir kinders onder 12 jaar) word gevra. Daar sal ook gesigverf wees teen R10.
Skakel Sorita by 082-415-1598 (Paarl) en Elsa by 084-951-8735 (Wellington).