Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Familie-navorsing bekyk

Familie-navorsing bekyk
 
2011-03-03


DIE Drakenstein Heemkring bied ’n gratis werkswinkel vir mense wat besig is met familienavorsing, of graag hul families wil navors en nie weet hoe en waar om te begin nie. Die werkswinkel sal Saterdag 5 Maart by die Heemkring se kantoor te Hoofstraat 214 in die Paarl gehou word.

Instansies soos die Kaapse Argief, die Hugenote Museum en die Genealogiese Genootskap van die Wes-Kaap sal almal teenwoordig wees om raad te gee. Belangstellendes kan die Heemkring tussen 09:00 en 13:00 besoek en moet onthou om hulle ouers of grootouers se volle name en geboortedatums saam te bring.

Tussen 14:00 en 16:30 sal ’n paar informele lesings aangebied word. Mariana Olivier van GGSA sal wenke gee oor hoe mens familienavorsing aanpak, Deon Goosen sal ter illustrasie praat oor sy soektog na sy Ant Bella. Marguerite Lombard sal praat oor die interessante geskiedenis waarop mens afkom terwyl jy familienavorsing doen en sal dit illustreer met foto’s van die Paarlse granietbedryf wat in die Gribble Versameling gevind is. Marlene Goosen se vertoning “Toe en Nou” sal Gribble-foto’s wys van die Paarlse Hoofstraat. Skakel Drakenstein Heemkring by 076-622-5770 of 072-374-8466.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za