Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laatslapers vasgevat by skool

Laatslapers vasgevat by skool
 
2011-03-03


LAATSLAPERS het Maandagoggend hul moses teëgekom toe geslote hekke hulle ingewag het by Klein Nederburg Sekondêr.

Die skoolbestuur hiér het sedert die begin van die jaar besluit tot hier toe en nie verder nie, met elke dag se laatkommers by die skool. Sedertdien is die situasie gemonitor, maar Maandagoggend was die gort behoorlik gaar toe 120 kinders teen 08:00 nog nie op die skoolterrein was nie.

Die hekke is dus gesluit en onderwysers, insluitend adjunk-hoof Fred Uren, het wag gestaan.

Soos wat die leerders stadig maar seker hul opwagting gemaak het, is hul name almal op register geplaas voordat hulle die skoolterrein mag betree het.

Die betrokke leerders moes ook Maandag ná skool agterbly. Hulle is weer eens toegespreek oor die onverantwoordelike optrede van laat wees.

Uren het gesê dat hulle ’n geweldige probleem ervaar met laatkommers wat die skoolverrigtinge ontwrig.

“Hierdeur verloor al die leerders van die skool waardevolle onderrigtyd. Die leerders moet ook begin verantwoordelikheid neem vir hul aksies.

“Dit is alles deel van die dissipline wat hulle moet aanleer om eendag ’n sukses van die lewe te maak.

“Ons vind dat veral Maandae is baie leerders laat vir skool en van hulle drentel eers 08:20 hier aan. Dit is onaanvaarbaar.

“Die meeste van ons leerders het nie ’n verskoning om laat te wees nie. Maar soms is daar vervoerprobleme wat breedvoerig geblameer kan word op ’n baie swak publieke vervoerstelsel.

“Daar het byvoorbeeld Maadagoggend ’n taxi hiér stilgehou wat 30 leerders op een slag vervoer het.”

Uren het bygevoeg dat deur voortdurende aksie teen laatkommers te neem, hy glo leerders meer stiptelik sal begin optree.

* Students who were late, were locked out of Klein Nederburg Secondary school on Monday morning.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za