Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir diens

Dankie vir diens
 
2011-03-10


EK wil vir Willem Keun, bestuurder van Game in Paarl, geluk wens met die uitstekende diens wat ek van sy personeel gekry het.

Op 24 Februarie het ek om 09:00 by Game aangemeld om vir een van die vele beroepskursusse by die Breytenbach-sentrum, naamlik dié in rekenaarvaardigheid, ’n skootrekenaar en drukker te koop.

Tot my teleurstelling was die spesifieke aanbod sonder die medewete van die personeel, van die lys onttrek.

Marwaan Ryklief en Napoleon Joseph het koppe bymekaargesit, hoofkantoor gebel en my ’n ruk later van ’n ander model skootrekenaar, plus ’n belofte vir die drukker die volgende dag, voorsien.

Dominique het fluks die kasregister laat kletter en ’n halfuur later het ek as tevrede kliënt die winkel verlaat.

Tot my verbasing word ek later dieselfde middag in kennis gestel dat die beloofde drukker reeds by Game aangekom het, reg vir ontvangs.

Game in Paarl is bereid om die ekstra myl te loop. Hou so aan!

Annalise Schoeman (Breytenbach-sentrum)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za