EK verwys na die berig “Disappointed with Paarl Information Office” in die Paarl Post van 3 Maart. Ek stem heelhartig saam met ex-Paarlite.
Ek het self gedurende Februarie vir Paarl Inligting ’n e-pos gestuur en hulle versoek om vir my inligting te stuur van gastehuise in die Paarl.
Ek wag nou nog op ’n antwoord.
Ek was self ook al in die Paarl Inligtingkantoor en het brosjures gesoek, maar die voorraad is beslis baie eina.
Paarl Inligting het ook in ’n stadium ’n stalletjie in die Paarl Mall beman (nogal om hulself te bemark), en ook daar kon my navrae nie bevredigend beantwoord word nie.
’n Aantal jare gelede (om presies te wees 10 jaar) het my dogter getrou en omdat baie van ons familie vanuit Namibië die troue sou kom bywoon, het ons verblyf in Paarl en Wellington gesoek.
Ons het wonderlike diens van Paarl Inligtingkantoor sowel as Wellington Inligting ontvang. Wat het geword van die goeie ou dae?
Teleurgesteld