Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom deel in die pret van die Wellington oes

Kom deel in die pret van die Wellington oes
 
2011-03-10


MOENIE verder soek vir iets om te doen oor die langnaweek van 19 tot 21 Maart nie: die 5de Wellington Wynoesfees het ’n program propvol vermaak wat sal pas by ’n ieder en elk se smaak.

Of jy nou in die bui is vir ’n aksie-belaaide avontuur of vir ’n rustige kuiertjie onder die herfsson; vir fynproewerskos, uitstekende wyne en musiek uit die boonste rakke, of vir ’n unieke alternatiewe ervaring van oestyd in die Boland – hier sal jy dit vind.

Meer as 25 wynplase en restaurante nooi jou om Wellington se beste te kom geniet. Gebruik gerus die gerieflike Bovlei partytjiebus om tussen die plase te beweeg en bring die kleingoed vir ’n roomysdroom by Diemersfontein, trekker- en perdryritte, en veel meer.

Jou feeskaartjie kos slegs R60 (kinders jonger as 13 kom gratis). Kaartjies is beskikbaar by alle deelnemende plase en die Wellington Inligtingskantoor. Spesiale armbande is vir Maandag beskikbaar teen R30 per persoon.

Vir meer inligting, kontak Emma by tel 021-873-4604, epos info@wellington.co.za of besoek www.harvestfestival.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za