SUID-AFRIKA se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV-Applous, brei in 2011 uit met vier nuwe afdelings.
Laerskole kan inskryf in die kategorieë Meer en Minder Ervare senior kore, asook junior kore.
Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole kan inskryf in die afdeling vir senior- en of junior kore.
Die hoërskole-afdeling bestaan uit meer en minder ervare kore wat insluit, seuns-, dogters- en gemengde kore.
Die afdeling vir nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole brei uit en bestaan nou ook uit ’n meer en minder ervare afdeling wat insluit, seuns-, dogters- en gemengde kore. Skole en koorleiers het tot Vrydag 18 Maart om hul skoolkore in te skryf vir ATKV-Applous.
Vir meer inligting, kontak Lizane van den Berg by 011-919-9078 of besoek die webtuiste www.atkvprojekte.co.za.