ILZE GOUS tree op Donderdag 17 Maart om 10:00 by die Ou Meul-teater op.
Gous het nou eenmaal die gawe om mense te oorrompel met haar stem en luister jy na haar debuutalbum kom jy gou agter dat die woorde en musiek van ’n spesiale lewensreis praat. ’n Reis wat vir menige van ons bekend sal klink. Maar ‘sonder woorde’ is Ilze Ilze nie meer nie. Sy en manlief, Dirk Gous, is ’n wenspan wat saam hul passie vir musiek uitleef. Dirk, ’n gesoute musikant, het ’n groot aandeel gehad in die skryf van Sonder Woorde se lirieke en die skaaf aan melodieë.
llze se musikale invloede kom van kunstenaars soos Norah Jones, Diana Krall en Eva Cassidy, wat vir Ilze die eerste keer aan jazz blootgestel het.
“Ek maak musiek met my hart. Musiek wat praat oor ervarings wat deel vorm van elkeen van ons se lewens.”
Kaartjies teen R25 per persoon, is te koop by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.