JAZZ-LIEFHEBBERS moenie hierdie naweek die Taalmonument se twee piekniekkonserte misloop nie.
Doc’s Big Band, ’n 18-stuk jazz-groep uit Duitsland, tree op Saterdag 12 Maart op ten bate van Destiny House, ’n veilige hawe vir mishandelde kinders.
Die meeste van dié groeplede is professionele sakelui. Hulle musiek omvat klassieke big band, swing, funk, jazz-rock en Latyns-Amerikaans.
Die konsert vind vanaf 17:30 tot 20:00 plaas en die hekke open om 15:30.
Kaartjies is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders ouer as ses (by die hek).
ESP Band, ’n sewe-stuk jazz-groep van Stellenbosch tree op Sondag 13 Maart op.
Dié groep het pas hul debuutalbum, “Taxi 1022”, bekend gestel. Die groep se diverse herkoms sorg vir eg-Kaapse klanke en oorspronklike musiek wat ook pop- en fusion jazz-style insluit.
Die konsert vind vanaf 17:30 tot 19:00 plaas en die hekke open om 15:30. Kaartjies is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders ouer as ses (by die hek).
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of om een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (021-863-2800).
Vir meer inligting, skakel 021-872-3441.