Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boomtak verniel motor

Boomtak verniel motor
 
2011-03-10

Lise Beyers

INWONERS van Drakenstein het weer eens slagoffers geword van vreemde, vlieënde boomtakke.

Ronel Rabie, haar dogter Leonie, en ma Leonie le Roux, het verlede Dinsdagmiddag in Bainstraat, Wellington, gery toe ’n harde slag hulle tref.

’n Reuse-tak van ’n eikeboom het bo-op die motor geval en skade van R35 000 is aan die voertuig aangerig.

’n Gedeelte van die tak het die voorruit deurboor en Ronel met enkele sentimeters gemis.

Die meeste van die bakwerk van die motor is beskadig en die voorruit versplinter.

Kommer word nou uitgespreek oor die welstand van bome, veral in die huidige droë toestande.

Sedert Januarie het daar skaars ’n millimeter reën in dié gebied geval.

In hierdie omstandighede kan takke van selfs gesonde bome eenvoudig net afbreek weens die droogte.

In Januarie 2005 is Phillip Calitz ernstig beseer toe ’n eikeboomtak ook bo-op sy motor geval het en hom vasgepen het in Hoofstraat, Paarl.

Daar is toe vasgestel dat die boom waarvan die tak geval het, aan droogte gely het. Daar was geen vog in die takke nie.

Calitz is steeds gewikkel in ’n regsgeding met die Drakenstein Munisipaliteit vir skadevergoeding weens die erns van die ongeluk.

Bome wat op munisipale grond groei, soos dié op sypaadjies, is die verantwoordelikheid van die Munisipaliteit. Dit is dus hul plig om die bome gereeld te ondersoek en die nodige maatreëls te volg om ongelukke te voorkom.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za