Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Trofee soek baas

Trofee soek baas
 
2005-10-13


'n SPLINTERNUWE wisseltrofee is op die spel in die Santam Paarl Shiraz Uitdaging wat gister op Nederburg beoordeel is.

Altesame 35 wyne word deur ‘n paneel van agt vermaarde Shiraz-kenners beoordeel en dan gaan dit naels kou wees voordat hul gunsteling op 21 Oktober op Laborie Landgoed aangekondig word.

Dis die negende keer dat Paarl Wijnbouers hul Paarl Shiraz Uitdaag aanbied, maar die eerste keer dat die kampioen ‘n jaar lank met ‘n pragtige trofee in die kelder sal kan spog.

Dit is ook die eerste keer dat die kompetisie deur ‘n swaargewig en leier in die korttermynversekeringsbedryf soos Santam geborg word.

Die nuwe trofee – ontwerp deur Charles Haupt van Bronze Age in die Paarl – is ‘n pragstuk uit rooi brons op ‘n granietbasis.

Dit stel die kolking van Shiraz voor, soos wanneer dit uit die bottel in ‘n glas val, met die graniet wat die streek se oorheersende geografiese kenmerk, Paarl Rots, weergee.

Toekomstige wenners en naaswenners sal spog met ‘n hout-gemonteerde metaalplaak waarop hul prestasie gegrafeer is.

Die paneel is om die helfte uit bekende Shiraz-makers en wynhandelaars en ander wynkenners saamgestel.

Hulle is Jacques Borman (Boschkloof); die Kaapse Wynmeester en voormalige prinsipale van die Wynakademie, Christine Rudman; Marc Friederich (Marc’s Mediterranean Cuisine & Garden); Mike Louw (Wine of the Month Club- en Veritas-beoordelaar); Tienie Momberg (Middelvlei); Caroline Rillema (Caroline’s Fine Wines) en Carl Schultz (Hartenberg).

Verlede jaar se wenner uit 31 Shiraz inskrywings was Ridgeback se 2002 Shiraz.

Avondale, Domaine Brahms, Fairview en Glen Carlou is ook onder dié wat vorige jare koning gekraai het en weer vanjaar hul kollegas uit die streek die stryd aansê.

Santam se vennootskap met Paarl Wijnbouers is ‘n verlenging van hul toewyding tot die bevordering van die wynbedryf.

Hul nuwe polis, Vinoplex – die eerste van sy soort eksklusief vir die wingerdbedryf – bied wynmakers ‘n pasgemaakte produk wat in die bedryf se unieke behoeftes voorsien.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za