Rugbyfees vir oudste klubs aangebied
2011-03-10
DIE Young Standards Rugbyklub wat vanjaar sy 120ste bestaansjaar vier, bied op 19 Maart ’n rugbydag by die Faurestraat-stadion aan. Alle klubs van die Paarl wat reeds 100 jaar en ouer is, gaan kragte meet teen ander klubs in die Westelike Provinsie wat reeds 100 jaar bestaan. Die junior spanne se wedstryde tussen Young Standards en Young Peoples begin reeds om 09:00. Toegangsgeld is R10. Die wedstryde vir die dag is: 09:00 o.12 Y/Standards vs Y/Peoples, 10:00 o.14 Y/Standards vs Y/Peoples, 11:00 o.16 Y/Standards vs Y/Peoples, 12:00 o.20 Paarl Klub vs Y/Standards of Y/Peoples, 13:00 Violets vs Manenberg Rangers, 15:00 Riverstones vs Perseverance, 17:00 Young Peoples vs Paarl-klub en 19:00 Young Standards vs Retreat /Villagers (Pniel).
More
News
|