Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SA kry eerste wyntoekenning

SA kry eerste wyntoekenning
 
2011-03-10


VIR die eerste keer in die Suid-Afrikaanse-wynbedryf gaan die topwynlandgoed aangewys word by die 2011 Novare SA Terroir Wyntoekennings.

Hierdie kompetisie is nou ses jaar aan die gang en die klem is op wyne wat ’n spesifieke grond en klimaat verteenwoordig (terroir in Frans).

Volgens Charl Theron, tegniese koördineerder van SA Terroir Wyntoekennings en deeltydse lektor in wynkunde by die Universiteit van Stellenbosch, is landgoedwyne deel van Suid-Afrika se wynkultuur en iets baie spesiaals.

“Ek is bly dat die Novare SA Terroir Wyntoekennings nou hierdie nodige erkenning uitwys. Die debat tussen rolspelers was oor of die trofee aan die top landgoedwyn of die top wynlandgoed toegeken moet word. Die slotsom van die meerderheid ná verskeie gesprekke was eerder die top wynlandgoed as top landgoedwyn.”

Die wenner van die top wynlandgoed-trofee word gekeur op grond van die aantal wyne van die spesifieke landgoed, wat vir die finale ronde van die SA Terroir Wyntoekennings gekeur is, tesame met die aantal Nasionale Wenners indien van toepassing.

Om ’n landgoedwyn te maak moet die eenheid vir die produksie van landgoedwyn geregistreer wees as landgoed, alle druiwe van die geregistreerde eenheid afkomstig wees en die wyn geproduseer en gebottel wees in die kelder op die geregistreerde eenheid. Slegs dan kan die woord landgoed op die etiket staan.

Die top wynlandgoed-trofee volg ná die instelling van die Novare Trofee vir die SA Terroir top wyngebied verlede jaar, gebaseer op die aantal wyne uit ’n spesifieke wynbougebied wat hoog aangeslaan is. Beide die top wyngebied en top wynlandgoed is wisseltrofeë.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Junie. Meer inligting en inskrywingsvorms besoekwww.terroirwineawards, of kontak Elma Brand, koördineerder, by 021-863-0397.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za