Young Gardens kies nuwe bestuur
2011-03-10
DIE nuwe bestuur van die Young Gardens rugbyklub is onlangs aangewys. Hulle is Mario Williams (voorsitter), Dewayne Davis (ondervoorsitter), sekretaris (William Meyers), hulpsekretaris, Ivor van Schoor en Isaac Wildeman (kassier). Die klubkaptein is Ismail Toerien en die wedstrydsekretaris is Ivan Booysen. Die afrigtingspan is Allan Alexander, Davey de Kock, Ivor van Schoor, Godfrey Gertze en Arnold Fortuin. Eerskomende Saterdag speel dié klub weg teen Evergreen R.F.C. Hulle oefeninge is op Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 by Daljosafat. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1081 of William Meyers by 082-0766-182.
More
News
|