Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland wil Leeus se tande trek

Boland wil Leeus se tande trek
 
2011-03-10


NÁ verlede Saterdag se geskiedkundige oorwinning oor die magtige Blou Bulle op Loftus Versfeld, kan die Boland Kavaliers eerskomende naweek (12 Maart) die Goue Leeus met selfvertroue aandurf in ’n Vodacombeker-wedstryd op Moorreesburg.

Die Kavaliers se 20-17 sege oor die Bulle is geskiedkundig in dié sin dat Boland nog nooit die manne van Pretoria op Loftus kon klop nie.

Die naaste wat Boland nóg aan ’n oorwinning oor die Blou Bulle op Loftus kon kom, was in 1973 toe dié twee spanne met 12-12 die louere gedeel het in ’n Curriebeker-kragmeting.

Oor die jare kon Boland ook nog net twee keer met die Bulle afreken op die Boland-stadion. In 1981 het Boland 17-13 geseëvier in ’n vriendskaplike wedstryd en in 2006 het Boland 38-35 gewen in ’n Vodacombeker-wedstryd.

Met die besluit om die Boland-rugby na sy mense te neem, word eerskomende Saterdag se wedstryd teen die Leeus op Moorreesburg beslis.

Boland se direkteur van afrigting, Loffie Eloff, sou sweerlik nie te veel aan sy wenspan wou torring vir Saterdag se wedstryd nie, maar ’n paar beserings het dié voormalige breier van die einste Leeus, sonder veel van ’n keuse gelaat.

Op heelagter vervang Willie le Roux vir Jacquin Jansen en op slot vervang Lehan Koekemoer vir Hottie Louw.

Onder die losvoorspelers skuif Junior Bester vanaf agtsteman terug flank toe in Thor Halvorsen se plek, met Zandré Jordaan wat weer die agtsteman-posisie sal beman. Halvorsen skuif plaasvervangerbank toe.

Saterdag se wedstryd op Moorreesburg skop om 16:30 af.

Boland (vs Leeus): Willie le Roux, Cornal Hendricks, Johnathan Francke, Braam Gerber, PJ Vermeulen, Elgar Watts, Bolla Conradie, Zandré Jordaan, Junior Bester, Franzel September, Lehan Koekemoer, Grant le Roux, Charl du Plessis, Clemen Lewis en Janro van Niekerk. Reserwes: Ashton Constant, Eugene Butterworth, PJ van Zyl, Thor Halvorsen, Alex Kock, Alister Kettledas en Brendon April.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za