Ondersteuningsgroep vergader
2011-03-10
OP Woensdag 16 Maart om 19:00 vergader die Leerprobleme-Ondersteuningsgroep by die Cheveveld se sportklubhuis (ingang vanuit Meulstraat). Die onderwerp is “Kinders grootmaak: Wat niemand jou ooit vertel het nie” en dit handel oor verskeie aspekte van die verantwoordelikheid van ouerskap. Toegang is R10 per persoon. Vir besprekings, kontak Retha van Wyk by 021-872-5620 of stuur ’n sms met jou naam en die getal persone na 083-407-2552.
More
News
|