Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Droomseisoen vir Hugenote se eerste krieketspan

Droomseisoen vir Hugenote se eerste krieketspan
 
2011-03-10


DIE onlangse 7-lopie oorwinning vir die eerste krieketspan van Hugenote Hoërskool oor Hoërskool Gimnasium in ’n Twintig/20-wedstryd het die kroon gespan op die blink vertonings wat die afgelope seisoen deur die Wellingtonners gelewer is.

In ’n uitstekende wedstryd teen Gimnasium, waarin die uitslag na een of anderkant toe kon swaai, het Hugenote uiteindelik met die louere weggestap.

Vandag is dit nog ’n groot toets wanneer Hugenote se eerste span die Wes-Kaap-kampioene, Wynberg Boys’ High, in ’n Twintig/20-wedstryd pak.

In dié seisoen het Hugenotemet Stellenbosch Hoër (met 7 paaltjies), Schoonspruit (135 lopies), HS Swartland (wen met 9 paaltjies), HTS Drostdy (wen met 107 lopies) en Paarl Gimnasium afgereken.

In hul wedstryd teen Hoërskool Framesby het Hugenote met die derde laaste bal met 3 paaltjies verloor.

In die Hugenote teen Paarl Gimnasium Twintig/20 -wedstryd het die Wellingtonners 105/10 aangeteken. Met die kolf het Ignatius van der Merwe (40) en Kurt Mackay (20) uitgeblink. Paarl Gim kon net 98/10 aanteken met Francois Bloem 2/29, Ignatius van der Merwe 4/15, Michiel du Toit 2/19 en Lizaad Williams 1/8, uitblinkers met die bal. Hugenote wen met 7 lopies.

Ignatius van der Merwe (o.17B), Nelius Hauptfleisch (o.17A) en Lizaad Williams (Boland o.18, SAo.18, SA o.19) het tydens die Desember-vakansie goeie rekenskap van hul vermoëns gegee.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za