SMS - kommentaar
2011-03-17
* Dankie vir die berig oor aborsie - ek bid teen die onwettighede en skeur die aborsieplakkate af. * Dankie aan die man in die wit Isuzu-bakkie wat die trok agternagesit het wat my motor se deur in Wellington se Hoofstraat afgery het - hy het die vragmotorbestuurder sowaar aangekeer. Moyra Kemp * Lise Beyers, 10 uit 10 vir jou rubriek Draadsitters met Oogklappe, ons dorp regtig nie meer spogdorp van weleer! Ou Paarliet. * Is fietsryers verhewe bo die padwette, ry oor rooi ligte en stopstrate? Kyk bietjie. * Dankie aan die twee munisipale dames wat so skoonmaak elke oggend in Versterstraat. * En so raas Funky Buddha nog steeds van Donderdag tot Sondag vieruur in die oggend en later, maar niks word gedoen aan hulle - so wat nou? * Kan die Moslem-gemeenskap in Wellington asseblief reg parkeer Vrydae, of moet daar eers ’n ongeluk gebeur voor julle gaan hoor? Inwoner Elfrisco-area. * Drakenstein Munisipaliteit soek werkers, maar neem net sekeres in diens. * Dankie vir die spoedwal in May-straat, maar h/v May- en Beukesstraat is ’n gevaarsone. Ek weet, want ek woon daar. Nazier. * On my way home today (Thursday 3rd March) a police van stopped in Main Street to drop someone off, then politely just pulled out in front of me - this could have been a nasty accident! * Vrou in goue Tazz registrasienommer wat begin met CJ621, jy behoort jouself te skaam! Ek het gesien hoe jy ’n bejaarde man van sy fiets afstamp dat sy goed die straat vol spat in Lady Greystraat en net wegry! Jou stukkende linkervoorlig is jou verdiende loon * Is lawaaierige smokkelhuise om wyn-koppe te lok nou wettig in Paarl? * Die mense is baie onbeskof met die Somali’s, praat met hulle asof hulle honde is. * Polisie doen absoluut niks in Klein Nederburg om dwelmsmokkelaars te vang nie. Die area is vervuil. Kom kyk hoeveel blankes kom koop hier dwelms. * Laas week se fietsryery was weer absurd. Was keer op keer verontrief en laat vir afsprake. Los die dinge maar vir die Argus in Kaapstad. * Dankie aan al die betrokkenes van Ommiberg-fees. Dit was werklikwaar ’n fees waarop die Paarl kan trots wees. * Sny die mense wat die hond se ore afgesny het, se ore af.
More
News
|