MY skootrekenaar het gedurende Februarie op ’n baie onverklaarbare manier uit my huis verdwyn. Dit het gevoel asof my hele verlede uitgewis is met al die foto’s van vriende en familie wat op die rekenaar was. Dit was ’n gevoel van absolute magteloosheid wat oor my gekom het.
Op 9 Maart het konstabels Truter en Sias my opgespoor nadat hulle ’n CV wat op die rekenaar was, met my huisadres opgemerk het. Die rekenaar was reeds op 4 Februarie teruggevind deur die oplettendheid van kaptein Daniëls wat ’n verdagte persoon in ons buurt opgemerk het. Baie dankie!
Berta Rohrbach