Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae oor visie vir arboretum

Vrae oor visie vir arboretum
 
2011-03-17


DIE aanval op ’n spesiale vriendin in ons geliefde arboretum onlangs, soos berig in Paarl Post op 10 Februarie, laat weer eens vrae ontstaan oor die Munisipaliteit se visie vir hierdie besonderse aanwins vir ons dorp.

As belastingbetalers wat verwag dat die Munisipaliteit ons geld konstruktief gebruik om waarde toe te voeg tot ons dorp, dring ons aan op terugvoer op die volgende dwingende vrae, asook vir terugvoer oor besluite wat geneem is op die dringende noodvergadering (volgens May Carolissen in Paarl Post 10/2/2011).

Die tyd vir voete sleep is verby, want as die huidige situasie voortduur, is die gelde wat op die onderhoud van die park bestee word ’n totale vermorsing van fondse, omdat die publiek die gebied as gevaarlik sal beskou en vermy, terwyl ongewenste aktiwiteite daar sal toeneem.

1. Waarom kan die aanstelling van enkele beamptes wat die gebied per fiets patrolleer tussen 06:00 en 18:00 nie bekostig word nie (veral oor naweke)?

2. Waarom is die toilette juis naweke, wanneer daar meer besoekers is, gesluit?

3. Wanneer gaan die duidelike groot behoefte aan ’n veilige, afgebakende swemarea êrens in die Bergrivier, wat behoorlik beheer word, aangespreek word?

4. Waarom kan obstruksies nie aangebring word om ongewenste voertuie te verhoed om die park vanuit die snelweg se rigting binne te kom nie? Hierdie pad behoort slegs vir munisipale- en Transnet-voertuie toeganklik te wees en nie vir prostitute en hul kliënte nie.

Dit is hdie Munisipaliteit se verantwoordelikheid om die inisiatief te neem, die privaatsektor kan nie die leiding neem oor wat die toekoms van die park is nie.

Debbie de Beer

Die munisipale woordvoerder, Anthony Sauls, reageer: Drakenstein Munisipaliteit bestuur meer as 200 parkies. Die Arboretum geniet vir die afgelope paar jaar sekuriteitswagte bo speelparke, waar geen sulke dienste gehuur word nie.
Die Munisipaliteit is ook bekommerd oor die veiligheid van die kinders in ons speelparke en het ’n veldtog geloods om benutting van parke te bevorder.
Ons betreur alle insidente waar individue aangerand word op enige van ons parke en doen ’n beroep op lede van die publiek om tog versigtig te wees en hulself vertroud te maak met basiese persoonlike veiligheidsmaatreëls wanneer hulle enige publieke oopruimte gebruik.
Intussen het die Munisipaleit kwotasies aangevra vir die uitbreiding van sekuriteitsdienste by die Arboretum om vas te stel of genoegsame fondse beskikbaar sal wees.
Ook het ons gereël dat die toegangshekke wat slegs vir parke, polisie en ons interne wetstoepassingsbeamptes bedoel was, van nou af gesluit sal word en dat hulle van sleutels verskaf sal word.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za