DIE IDP/begrotingsvergadering in Newton Maandagaand het nie veel vir my beteken nie.
In die eerste plek het die vergadering laat begin en kon al die vrae nie regtig beantwoord word nie, want, die ‘betrokke’ persoon wat in die afdelings werk, was nie teenwoordig nie. Dít moes ons meer as een keer hoor.
Die begrotinglys op die powerpoint-aanbieding was so klein niemand kon uitmaak wat daar staan nie, maar blykbaar het dit nie veel saak gemaak nie, want die begrotingsgetalle was nie spesifiek gemik op net ons wyk nie.
Dit help nie om ’n klomp syfers af te lees vir mense nie, wie gaan dit alles onthou?
Raadslid Vos, jy kon nie die regte antwoorde verskaf op die vrae nie, jy het eerder gevoel om mense te probeer te na kom wat vrae gevra het. Duidelik het jy gevoel jy moet op die aanval wees toe mense begin vrae vra oor hoekom daar nog niks vergaderings gehou is, sedert jy verkies is nie.
Die vergadering word seker goed bedoel en alles was nie negatief nie, maar dit help nie veel as ons nie verandering sien nie of verstaan wat daar gesę word nie.
Ons wil weet dat daar iets in Newton gedoen word en indien nie, hoekom nie. Dit is ons woonbuurt en ons wil dit net veilig en toeganklik hę.
Die hoogtepunt van die vergadering was seker toe Mandla Khumalo (Freedom van 7de Laan) met ons kom praat het oor die betaling van agterstallige skuld.
Verwag meer