’n JEUGKLUB is die nuutste projek van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl en groot pryse is op die spel in ’n kompetisie wat verlede week geloods is om ’n naam vir dié klub te vind.
Graad 6- tot 12-leerders en studente word genooi om ’n voorstel vir ’n klubnaam, wat “oorspronklik, hip, funky en cool” moet wees en hul naam, van en ouderdom te sms na 073-224-6519.
Die sluitingsdatum is 25 Maart en die wenners sal op 7 April bekend gemaak word. Meer inligting is beskikbaar by biblioteke in Drakenstein en by die Taalmuseum in Pastorielaan. Kontak vir Janine September by 021-872-344.