Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sunfield vier 20ste bestaansjaar

Sunfield vier 20ste bestaansjaar
 
2011-03-17


DIE feestelikhede waarmee Sunfield Wellington se bekende tuiste vir verstandelik gestremde volwassenes vanjaar sy twintigste bestaansjaar gaan vier, begin die einde van die maand met ’n Bybelse ete.

Magda Viviers, Sunfield se bestuurder, sê hulle verwag dat die feestelike ete op 26 Maart groot belangstelling onder Sunfield se ondersteuners gaan ontlok. Kaartjies is by Sunfield se kantoor beskikbaar en kan bespreek word deur 021-873-5038 te skakel.

Die eerste vyf persone wat kaartjies vir die ete bespreek gaan ook ’n gratis eksemplaar van ’n pragboek oor Sunfield ontvang.

Volgens haar het Sunfield in 1991 met slegs 9 inwoners en 10 personeellede op ’n landbouhoewe buite Wellington begin. Vandag is daar 89 inwoners plus 21 persone wat dagsorg ontvang. Saam word hulle deur 27 personeellede versorg.

Sunfield is deel van ’n groep van vyf Sunfield-sentrums landwyd. Die organisasie is in 1954 as ’n privaat inisiatief deur ’n groepie ouers van verstandelik gestremde kinders in die lewe geroep. Dit het daarna na Natal, Gauteng en Mpumalanga uitgebrei.

In 1991 is Sunfield Wellington deur Wes-Kaapse ouers gestig as gevolg van die hoë vervoerkostes om hul kinders by die ander sentrums te kry.

Sunfield Wellington en die ander sentrums is destyds deur ’n artikel 21-maatskappy met ’n sentrale beheerliggaam bestuur. In 1996 het die maatskappy ontbondel en vyf outonome maatskappye is gestig.

Die sentrums streef daarna om ’n permanente, veilige hawe te bied aan verstandelik gestremde volwassenes wat nooit onafhanklik in ’n werksopset kan funksioneer nie.

Vyf eksemplare van Sonvanger, die pragboek oor Sunfield Wellington wat onlangs verskyn het, gaan as deel van die feesvierings gratis geskenk word aan die eerste vyf persone wat ’n R100-kaartjie vir Sunfield se Bybelse ete op 26 Maart koop.

Verdere eksemplare van die boek is teen R225 by Sunfield Wellington en by boekwinkels landwyd te koop.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za