Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blommeparadys in Klein Parys bedreig

Blommeparadys in Klein Parys bedreig
 
2005-10-13


DIE Drakenstein Munisipaliteit onderneem tans 'n studie van alle oop areas in die Paarl-Vallei om die ontwikkelingspotensiaal van verskeie oop areas vas te stel, want daar is ’n groot behoefte aan die ontwikkeling van goedkoop, hoëdigtheid-behuising.

Ongeveer 24 000 behuisingseenhede word be-
nodig om die hawelose inwoners van die Paarl te huisves.
Die Klein Parys munisipale area oorkant Denneburg is een van die oop areas wat bestudeer word.

Op die oog af lyk die area soos enige ander oop parkgebied, maar as dit van nader beskou word, is daar 'n towerland van meer as 100 skaars alluviale fynbos en renosterveldspesies wat in dié area voorkom.

Die Parke Afdeling van die munisipaliteit is gevra om die area nie gedurende die lente te sny nie sodat 'n deeglike botaniese opname van die area gedoen kan word tydens die piekblomtyd van die spesies.

Die agterste gedeelte, alhoewel dit vervuil is van uitheemse indringerspesies soos die Port Jackson, huisves nog steeds baie verskillende, meer volwasse struike en bolplante, asook renosterveldspesies.

As die grond eers ontwikkel word, sal die skaars, diverse en spesiale spesies wat daar voorkom vir ewig en altyd verlore wees.

Eerder as om konferensiesentrums of huise daar te bou, moet die area omvorm word in 'n stedelike bewarea wat deur die plaaslike gemeenskap aangeneem kan word, veral deur skole, vir die gebruik van omgewingsopvoeding en om die skaars plantegroei te bewaar.
Die plantegroei sal vinnig herstel as die indringerspesies uitgehaal word en kan in ’n fynbospark ontwikkel word.

Die area is deur CapeNature bestudeer en 'n verslag is aan die Drakenstein Munisipaliteit voorgelê vir oorweging om die area nie te ontwikkel nie.

GC




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za