DIE jaarlikse Oesfees in Franschhoek word gehou op 26 Maart by Solms-Delta vanaf 11:00 tot 21:00.
Die harde werk van die vallei se plaaswerkers sal gevier word met optredes deur kunstenaars soos Soli Philander, Stef Bos, Radio Kalahari Orkes, Rieldansers, Les Javan, Valiant en Ollie, die Blinde Boereorkes en Rieldansers wat die skare sal vermaak.
Daar sal ook heerlike geregte en lekker wyne te koop wees.
Die hekke open reeds om 10:00. Kaartjies is beskikbaar teen R110 by wwwticketbreak.co.za of R130 by die hek.
Besoek www.solms-delta.co.za vir meer inligting.