Sportdagboek
2011-03-17
KRIEKET * Op Vrydagaand 25 Maart, bied SRRadiators Young Peoples Krieketklub ’n busrit na “Grand-West Casino”. Die bus vertrek stiptelik om 19:00. Prys is R100 per persoon. Kontak Evylyn Jacobs by 083-317-2029. * Paarl-Oos Krieketklub bied op 14 April ’n gholfdag aan by Paarl Gholfklub. Skakel vir Justin Watts (073-297-1822) of Dirk Burger (083-458-3975) vir meer besonderhede. ) RUGBY * Newtons Rugbyklub speel Saterdag hul eerste ligawedstryd op hulle nuwe velde by Newton’s Park. Hulle speel teen Good Hopes van Riebeek Kasteel. Hulle oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag en verwelkom alle nuwe spelers. * Paarl Rangers beplan ’n Paasnaweek- toer na Hermanus. Die klub sal op Paas- Vrydag na Hermanus vertrek en weer die Sondag terugkeer. Kontak die sekretaris per sms of oproep by 083-286-7761 of stuur ’n e-pos na paarlrangers@gmail.com. Eerskomende Saterdag speel Rangers teen Young Gardens. * Young Standards RFC bied op Saterdag 19 Maart ’n feesdag vir klubs ouer as 100 jaar op die Faurestraat-stadion aan. Junior wedstryde begin om 09:00. Violets, Riverstones, Paarlklub,Young Peoples en Young Standards meet kragte met klubs in WP wat reeds 100 jaar bestaan. Toegangsgeld beloop R10. * Young Standards bied Sondag 20 Maart ‘n gedenkdiens om 10:00 by die Bethal Congregational Kerk in Evansstraat aan. Alle lede en oudlede word versoek om die diens by te woon. Vir meer besonderhede, skakel die sekretaris by 082-731-4879. * Albions speel Saterdag teen Franschhoek United. Die bus vertrek om 12:00 vanaf Groenheuwel. Volgende naweek speel hulle teen Rangers van Paarl in hul jaarlikse derbywedstryde. Skakel vir Stevie Williams by 073-419-8476 vir meer inligting. * Die Stellenbosch Rugby-akademie bied weer tydens die laaste week van die komende Aprilvakansie, 6 – 8 April, ‘n rugbykamp vir laerskool-spelers op Stellenbosch en Worcester aan. Die doel van die kamp is die stap vir stap ontwikkeling van spesifieke rugbyvaardighede, asook die beklemtoning van die liefde en genot vir die spel. Dit vind daagliks vanaf 09:00 – 13:00 plaas, en sluit in rugby- en lewensvaardighede, fiksheid en tag-rugby/spele. Spelers oefen in verskillende kleingroepe, met ‘n gekwalifiseerde afrigter(s). Elkeen ontvang ‘n spesiale hemp/pet. Koste beloop R350. Afrigters kom gratis. Die sluitingsdatum is Vrydag 1 April. Kontak die Rugby-akademie by 021–887-7432, of projects@stellenboschrugbyakademie.co.za vir volledige inligting. * Young Gardens speel Saterdag teen Rangers Paarl op die Boy Louw- velde. Oefeninge is Dinsdae en Donderdae van 18:00 te Daljosafat. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1081 of William Meyers by 082-0766-182. ) NETBAL * Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandag en Donderdag om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083-377-2232 of Bennie Saayman by 083-462-6311 skakel. ) SOCCER * Paarl Soccer Club is celebrating their 50th anniversary celebrations. All life members, honourary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establishing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. For more info, please contact Lionel Matthee at 072-239-2181 or 021-807-4847. ) WATERSKI * Die SA waterski-kompetisie word vanaf 18 tot 20 Maart by Bon Esperance op Malmesbury aangebied. Al drie dissiplines, slalom, “trick ski” en “jump ski” sal aangebied word. Daar word ook ’n nagski op die Vrydag en Saterdag aangebied. Dit is tans die enigste plek in Suid-Afrika wat nagski kan akkommodeer. Die toegang is gratis. Vir meer inligting, kontak Waldie van Schalkwyk by 083- 293-2123 of 021-864-1717. ) BOOGSKIET Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00-18:00 by die Nelson Wine Estate. Vir meer inligting, kontak Louis by 021-870-1257 of 072-613- 7664. ) BASKETBALL The launch of the Winelands Basketball League Seniors’ division in Paarl is on 19 March (Saturday) at the Boland Cricket Stadium Hall at 19:00. Contact Jasmaine van Wyk on 079-159-1146 or 084-522-4209.
More
News
|