Paarl roeiers vaar goed
2011-03-17
TYDENS die Breederivier se 18 km wedvaart van Nekkies tot Alfiesdrift wat verlede Saterdag aangebied is, het verskeie roeiers van die Paarl hulle goed van hulle taak gekwyt. Vyf van die Paarl-roeiers het onder die eerste 10 plekke klaargemaak. Dié wedvaart is gewen deur Greg van Heerden (Milnerton) met Donnie Malherbe (Paarl) en Mynhardt Marais (Paarl) onderskeidelik in die tweede en derde plekke. Die uitslae is soos volg: Top 10 4. Michael Farringer (Paarl), 7.Luke Stowman (Paarl) 9. Herbert Conradie/Louis Carstens (Paarl/SOS). Juniors - 1. Michael Farringer (Paarl) 2. Luke Stowman (Paarl) Sub-Veterane - 1. Greg van Heerden (Mil), 2. Carl Combrinck (WSK) en 3. Charlie Heatlie (Paarl). Veterane - 1. Donia Kamstra (EVP), 2. Mark Hill (Paarl) en 3. Prieur van der Merwe (Mil). Sub Meesters - 1. Donnie Malherbe (Paarl) 2. Adam Whittington (Mil) en 3. Etienne Buys (Paarl). Meesters - 1. Mynhardt Marais (Paarl) 2. Francois du Toit (Paarl) en 3. Daantjie Malan (US). Sub Grootmeesters - 3. Eric Farringer (Paarl).
More
News
|