Top atlete neem deel op eie bodem
2011-03-17
VERSKEIE hoërskoolatlete van Wellington en Paarl het die afgelope naweek tydens die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms goeie vertonings gelewer en is ingesluit in die Wes-Kaapspan wat vanaf 24 tot 26 Maart aan die SA Skole-kampioenskappe op die Daljosafat-stadion gaan deelneem. Die atlete is: New Orleans Sekondêr - Chesné van Wyk ( verspring) en Boudine Jordaan (gewigstoot). Charleston Hill Sekondêr - Duran Kriel (5000m, stap). Hugenote Hoërskool - Nadia Giliomee (paalspring), Daylan Samuels (400mH) en Tarinka Truter (diskus/ gewigstoot). Boishaai - Johan Peens (spiesgooi), Arno Smit (1500m), Tiaan Mouton (400mH), Arthur Festus (100m), Neil Maritz (110H), Kurtley du Plessis (200m), Ruan Brits (gewigstoot/skyfwerp/hamergooi), Ruan Gomez (300H), Stef Malan (paalspring) en Wikus Groenewald (gewigstoot). Hoërskool La Rochelle - Narieke van der Walt (verspring), Hibré Arries (paalspring), Mandolene Hermanus (driesprong), Chloé Pheiffer (verspring), Courtney du Plessis ( driesprong) en Monique Ann Lombaard (1500m/ 3000m). Hoër Meisieskool Paarl - Janke Visagie, Louise Louw, Anosjka Teklenburg, Aletta Swart, Kara Viljoen, Marsunet Breytenbach, Marikie Bruwer, Nicky Viljoen, Kulthoom Gaidien, Tamryn Cupido, Este Burger, Christel van Tonder, Natasha Obermeyer, Rouve Viljoen, Bronwyne Boonzaaier, Jana de Jongh en Shannon Bouwer Bosch. Gimmies - Jean-maré Senekal (400mH /100mH), Jani Smit ( paalspring), Marina Swanepoel (400mH/ 400m), Wilmé van Zyl (spiesgooi), Felrie Oettlé (hoogspring), Ami Claassen (hoogspring), Helene Swanepoel (300mH/ 400m), Nielke Matthee (skyfwerp), Christine Bosch (400m), Laura Labuschagné (800m), Schalk Burger (400mH/110mH), Daniël du Toit ( spiesgooi), Jannie Briers-Louw (400m), Jan-Louw Kotzé (gewigstoot/skyfwerp), Frederick Louw (100mH/300mH), Wilhelm Brönn (paalspring), Neil Gilliomee ( paalspring), Leon Laubser ( spiesgooi), Gustav Marais ( spiesgooi) en Hennie Beukes (paalspring).
More
News
|