WELLINGTONNERS het die afgelope week opslae by die Woordfees op Stellenbosch gemaak deur met twee toekennings weg te stap.
Die volkskundige skrywer Pieter W Grobbelaar, het die Woordfees se spesiale profieltoekenning ontvang.
Sondagaand is die Breytenbach-sentrum se skilderprojek vir gevangenes, Wêreld deur ’n Venster, as die beste skilderkuns-inskrywing aangewys.
Marlene von Maltitz en ds Fanie Marais is die fasiliteerders van die projek.